Die Heuwels Fantasies | #BlueMoon2020

Na die ups and down van 2020 kort mens ‘n regte opknapper en met die gebeure hierdie Vrydag die 11de December 2020 gaan die heuwels rondom Blue Moon Nelspruit beslis fantasties wees.  Murray Lubbe, Johan Ferreira en hul hele span maak seker dat 2020 asluit op ‘n positiewe noot met hul konsert reeks by Blue Moon Nelspruit.

Hierdie Vrydag die 11de Desemeber 2020 is dit Die Heuwels Fantasties… Mense, dit gaan een wees vir die boeke.  Wanneer laas het jy en jou hele gesin voor ‘n verhoog gesit en ‘n lewendige vertoning gesien?  Ons het met Die Hewels Fantasties gesels om hulle kant van die opgewondenheid te hoor.

Dit is altyd ‘n belewenis om Die Heuwels Fantasties in lewende lywe te sien, en veral by Blue Moon.  Na die moeilike jaar agter ons, hoe voel julle om weer terug te wees by Blue Moon?

Dis vir ons nogal n full circle oomblik ons het van ons eerste live shows daar gespeel in 2010 en het amazing memories saam met Jack Parow en die fpk manne daar. Kanni waggi.

So baie kunstenaars het unieke herinneringe aan Blue Moon, wat is julle gunsteling?

Om deur nag te kuier en onder by die dam die son te sien op kom.

Na so min live shows in 2020, wat kan ons verwag van Die Heuwels Fantasies hierdie Vrydag?

“Iets van al 7 ons albums en veral die drie wat ons hierdie jaar uitgebring het.

As julle vir elke individu in Nelspruit ‘n rede kan gee om julle live te sien hierdie Vrydag, wat sal dit wees?

Blue Moon is lekker oop groot en buite en die perfekte plek om veilig ‘n bietjie live musiek te kyk!

Kan ons snitte van die album 2021 verwag vir hierdie Vrydag?

“Maar natuurlik ampie is mos ook by!

As jy/julle iets aan die Suid Afrikaanse musiek industrie kan verander, wat sal dit wees en hoekom?

“Wens daar was meer venues om te speel dis maar dit, ons fans is als!”

Julle doen baie collaborations, watter was julle gunsteling tot dus ver en watter collaborations kan ons in die toekoms verwag?

Hulle is almal amazing experiences op hul eie, op die nuwe album HERVERBEEL wat môre uitkom was dit besonders om saam met TRESOR wat gebore is in die DRC ‘n liedjie te maak wat Engels, Swahili en Afrikaans is.

So as jy en die hele familie lus is om bietjie te bewe hierdie Vrydag, maak seker julle kry julle kaartjies vandag nog by:

iTickets : https://itickets.co.za/events/450452.html

Rooikat Wholesale Liquor

Suikerbossie Teetuin

Radio Laeveld 100.5 FM

Westend Superspar

Die Blue Moon hek

Onthou dat Voorskool- en Laerskool kinder kan 100% gratis inkom.

Alle kiekies was verskaf deur Die Heuwels Fantasties.

Leave a Reply

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: